Category: Other Special Services


Showing 1 - 1 of 1 Results

Namib Kameeldoring Braaihout

Location

1 Online Store, South Africa


Open Hours

Always Open!

Ons hout is afkomstig van ons plaas Gemsbokpan geleë in die hartjie van Namibië. Die hout is afkomstig van dooie bome en bome wat omgeval het in die veld. Geen bome wat nog groei word afgekap nie. Met baie moeite word die dooie bome opgekap in die veld deur die plaaslike gemeenskap. Hulle werk en bly in die veld vir omtrent 3 weke op ‘n keer en gaan dan huis toe vir ‘n week, hierdie is harde werk! ​ Die hout word na ‘n sentrale punt gevat waar dit gekap (nie gesaag) en verpak word. Ons laai dit dan op bakkies en sleepwaens en vervoer dit na die oplaaipunt toe. Daar word dit gelaai op ‘n 35ton trok wat dit dan vervoer na al ons verspreidingspunte in Suid Afrika. Hierdie hout is uiters droog en swaar. Daarom word dit 'n stadig-brandende en hoë temperatuur-hout genoem. 'n Paar ander interessante feite sluit in dat dit bykans geen rook skep nie, 'n natuurlike, welriekende geur het, 'n groot hoeveelheid warm, brandende kole skep en vermors geen energie wat die vog verbrand nie. Kameeldoring het die laagste voginhoud van enige bekende braaihout, aangesien dit deur die Afrika-son gebak word. Die voginhoud is tussen 0 en 1%. Ons hout is baie gesog en gewild - soos julle kan sien het ons verspreiders regoor SA. Ons het ook genoeg voorraad vir ‘n hele klompie jare, maar wanneer die aanvraag te groot is spook ons om te sorg dat al die verspreiders voorraad het.

Join Free


To all our Business Owners, list your business for FREE and upgrade at any time. Remember to add as much information as possible in order for clients to find exactly what they are looking for, and it is important to ensure that the information is correct. The Free Listing is 1 of 4 packages that we offer. You are welcome to look at the Pricing page for our other packages, which will give you an idea of what you can expect from our services. This is your business’s gym session, don’t sweat – invest in it.

Add Your Business
DroppChat